|
Vista Bonita is 'n selfsorg woonstel in 'n blok
woonstelle gelee op die bekende Diaz Strand, Mosselbaai op
die Tuinroete van Suid Afrika. Die ligging bied wonderlike
see uitsig, direkte toegang tot die strand en 'n verhitte
binneshuise swembad en "super tube".
Die woonstel bied gerieflike self sorg akkommodasie
en is binne loop/kort ryafstand van verskeie winkels, restaurante,
kroë en ander aktiwiteite in die Mosselbaai omgewing.
Die woonstel is volledig toegerus vir
selfsorg insluitend 'n TV, wasmasjien en skottelgoedwasser.
Dit slaap 4 persone is twee slaapkamers en indien nodig kan
nog twee persone op die toegemaakte balkon slaap.
Braai fasiliteite is beskibaar op die dak
van die gebou wat asemrowende panoramiese uitsig bied van
die see, strand, Mosselbaai en Hartenbos.
Veilige onderdak parkering is beskikbaar in
die gebou.
|